JavaK Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! ENGLISH  
     
  Tuisblad Kontak Artikels Projekte Vrae en Antwoorde Skakels  
     
 

JavaK Artikels en Bronkode

Hier kan jy al ons artikels en bronkode sien. Besoek gerus die bladsy van tyd tot tyd om te sien watter nuwe artikels ons opgelaai het. WENK: Jy kan natuurlik ook altyd vir ons 'n epos stuur om te versoek dat ons jou op hoogte hou van ons opdaterings. Ons epos adres is JavaK epos adres en ja, dit is verberg in 'n prentjie in 'n poging om gemorspos af te weer.

Ons besef dat onderwysers oor die algemeen onder geweldige druk verkeer, en hoop dat die artikels dit makliker sal maak vir diegene wat in die onderwys staan deur studente en skoliere ekstra hulpbronne te gee om hulle huiswerk en take te kan doen. Ons besef dat om rekenaarstudie vir skoliere te gee 'n geweldig tydrowende taak is en daarom gee ons met graagte aan onderwysers die volste reg om ons artikels en bronkode af te laai en uit te deel vir skoliere en studente. Ons vra egter net dat u erkenning aan JavaK sal gee as die bron van die inligting en sodoende vir ons sal help om 'n beter diens te kan lewer.

GUI Artikels

Artikels wat handel oor GUI komponente soos JButton, JFrame of JLabel kan hier gevind word. GUI artikels het gewoonlik allerlei prentjies en toertjies wat gedoen word en is propvol nuttige bronkode.
  • JPanel - Voorbeelde van hoe om die JPanel komponent te gebruik.
  • JFrame - voorbeelde van JFrame en die komponent se gebruike.

Teks Artikels

Artikels wat handel oor allerlei algoritmes en tegnieke en nie op 'n GUI (Graphical User Interface) staatmaak nie, word in hierdie afdeling gehuisves. Dit word hier geplaas op programmeringsvaardighede en vernuf en allerlei dinge soos afronding, sortering, data vaslegging en omskakel en dies meer word hier hanteer.

Alle uitvoere is na die konsole (console) toe vir eenvoudigheids-onthalwe. Net vir in case dit nodig is, sal daar hier en daar nog Engelse kommentaar ook gelewer word waar nodig om die bronkode (source code) makliker te maak om te lees en te verstaan.
  • Stringe - Voorbeelde van hoe om die String klas te gebruik.

Ander Artikels

Soms is dit moeilik om 'n artikel in enige vaste afdeling in te deel, en dan beland die artikel hier. Daar is verskeie klein brokkies inligting wat ek graag beskikbaar wil maak en wat nie noodwendig direk aan Java programmering gekoppel is nie. Dinge soos SQL sintaks, BAT files, Autorun CD's en dies meer sal hier hanteer word. Sommige artikels sal in die vorm van kort en kragtige wenke wees, veral die wat makliker of beter werk as wat mense normaalweg gebruik.

  • JDBC (Databasis) - Hoe om 'n Microsoft© Access© databasis in Java te gebruik.
  • Soek - Op soek na hulp met 'n skooltaak of projek ? Kyk hier!
  • Maak Geld - Op soek na 'n manier om jou webwerf in 'n geldmasjien te verander ?