JavaK | Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! | ENGLISH | |||||
Tuisblad Kontak Artikels Projekte Vrae en Antwoorde Skakels | |||||||
Skooltake, projekte en die internet.Almal soek inligting op die internet, dis verseker. Hierdie artikel fokus op die gebruik van soekenjins om inligting in te samel vir 'n skooltaak of projek. Almal ken alreeds die algemene soekenjins, maar ons gaan tog 'n paar hierso lys om te verseker dat jy darem weet waar om te begin soek.Indien jy onseker is oor HOE om soekenjins te gebruik moet jy aan lees. Daar is 'n verduideliking verder aan op die bladsy wat meer lig op die onderwerp sal plaas.
Spesiale vermelding - Meer as 'n soekenjin.Daar is 'n webwerf wat 'n magdom inligting bevat en wat beslis meer inligting bied as wat menigte soekenjins sal oplewer. Indien jy gereeld soek na inligting op die internet, veral vir skooltake, sal jy oplet dat daar 'n webwerf is wat uitstaan : Mieliestronk. Besoek gerus die Mieliestronk vir 'n mengelmoes van inligting oor skooltake en projekte. Daar is honderde skakels na verskeie hulpbronne oor allerlei onderwerpe, soos wiskunde, skeikunde (skeinat), natuurwetenskappe, biologie, geskiedenis, aardrykskunde, algemene feite en vele, vele meer.Versoeke vir Delphi hulp en inligting :Ons kry vreeslik baie versoeke vir hulp met Delphi projekte en verwys mense dan graag na TeachITZA se webwerf. Hier sal jy allerlei hulpmiddels vind oor algemene Delphi (Object Pascal) take en funksies. Die webblad bevat ook verskeie artikels (met bronkode) om jou meer touwys te maak oor die Delphi taal en omgewing.Goed, wat nou ? Hoe gebruik ek dan nou die soek enjins ?Jy het nou 'n soekenjin gekies en is gereed om te begin soek vir inligting. Die eerste ding om te onthou is dat nie alle soekenjins dieselfde resultate gaan lewer nie. Die rede hoekom daar soveel soekenjins in die lys hierbo is, is omdat jy heel waarskynlik verskeie gaan moet probeer om goeie resultate te verkry. Gestel nou jy is opsoek na meer inligting oor walvisse. Indien jy net die sleutelwoord walvisse vir 'n soekenjin gee, sal dit 'n mengelmoes van bladsye opspoor waarop die woord walvisse voorkom.Jy kan egter meer noukeurig soek as net vir 'n sekere sleutelwoord. Die meeste soekenjins sal jou toelaat om vir meer as een woord te soek, byvoorbeeld walvis kommunikasie sal bladsye opspoor waar die twee woorde voorkom. Op die manier kan jy die inligting wat jy soek dan beter spesifiseer om nader te kom aan dit wat jy eintlik soek. Soms gebeur dit dat 'n mens vir 'n taak 'n sekere frase soek. Dit kan ook in 'n soekenjin ingevoer word deur die frase in aanhalingstekens te plaas. Byvoorbeeld "to be or not to be" sal webblaaie soek waarop die hele frase voorkom. Die tipe terugvoer wat jy ontvang vanaf 'n soekenjin hang natuurlik af van hoe die enjin opgestel is EN wat jy insleutel as kriteria vir die soektog. Moenie versuim om verskeie soekenjins te gebruik tydens jou soektog nie. Die internet is propvol inligting en jy gaan nie met die eerste probeerslag sommer alles raakloop nie. Onthou ook dat daar nie soveel Afrikaanse webwerwe is nie, en dat jy dalk maar in Engels ook sal moet soek en dalk so 'n bietjie vertaling sal moet doen. Boekmerk die bladsy vir 'n maklike lys van al die soekenjins, dit sal jou lewe vergemaklik. O ja, en sterkte met jou soektog! Die SkrywerHierdie artikel oor Internet Soekenjins en Take is geskryf deur Ewald Horn en word gratis gehuisves deur JavaK. Besoek gerus vir www.javak.co.za vir meer artikels deur Ewald Horn. Die skrywer se tuisblad is te vinde by www.nofuss.co.za. |
|||||||