JavaK Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! ENGLISH  
     
  Tuisblad Kontak Artikels Projekte Vrae en Antwoorde Skakels  
     
 

JavaK - Projekte met bronkode vir skooltake en ander aktiwiteite.

Spesiaal vir diegene wat heeltemal te lui is om self hulle huiswerk te doen. Wel, dis nou as jy nie omgee om uitgevang te word nie, jou onderwyser het ook toegang tot die bladsye! Hier sal van tyd tot tyd volledige Java projekte gehuisves word, spesifiek om te wys hoe om verskillende klasse en metodes met mekaar te laat saamwerk. Al die wonderlike klein oefeninge wat mens doen beteken mos op die einde van die dag niks tensy jy 'n werkende program daarmee kan skryf nie. Hierdie voorbeelde sal jou instaat stel om self jou skooltaak of projek af te handel en hopelik die frustrasie-vlakke darem in toom hou.

Ons besef dat onderwysers oor die algemeen onder geweldige druk verkeer, en hoop dat die projekte dit makliker sal maak vir diegene wat in die onderwys staan deur studente en skoliere ekstra hulpbronne te gee om hulle huiswerk en take te kan doen. Om rekenaarstudie vir skoliere te gee is 'n geweldig tydrowende taak en daarom gee ons met graagte aan onderwysers die volste reg om ons projekte en bronkode af te laai en uit te deel vir skoliere en studente. Ons vra egter net dat u erkenning aan JavaK sal gee as die bron van die inligting en sodoende vir ons sal help om 'n beter diens te kan lewer.

Volledige Projekte, met bronkode.

Goed dan, hier volg die projekte, in geen spesifieke volgorde nie. Kom loer gerus nou en dan in om te sien wat ons bygevoeg het.
  • Sorteer - Java projek wat name inlees en sorteer, teks (console).




Ons probeer om by elke projek 'n klein opsomming te gee van die Java tipes en objekte wat gebruik word. Die inligting kan dan gebruik word om te bepaal of die projek jou belangstelling prikkel of nie. Indien jy opsoek is na die gebruik van 'n SPESIFIEKE tipe of objek, kan jy altyd ons soekenjin op die tuisblad gebruik om te kyk of ons dit alreeds ingesluit het in een of ander projek. Kliek hier om na die tuisblad terug te keer.
Die Skrywer
Hierdie artikel is geskryf deur Ewald Horn en word gratis gehuisves deur JavaK. Besoek gerus vir www.javak.co.za vir meer artikels deur Ewald Horn. Die skrywer se tuisblad is te vinde by www.nofuss.co.za.


JavaK is 'n gratis webwerf wat Java studente voorsien van voorbeelde, verduidelikings asook bronkode vir gebruik in hulle huiswerk en skooltake. Die webwerf word geborg deur NoFuss Solutions, 'n Java opleidings en ontwikkelings-diensverskaffer in die Boland area.