|
|
JavaK |
Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! |
ENGLISH |
|
|
|
|
|
Tuisblad
Kontak
Artikels
Projekte
Vrae en Antwoorde
Skakels
|
|
|
|
|
|
-
Afrikaanse Soekenjins
Dis maar moeilik om Afrikaanse inhoud op die internet op te spoor, maar Gerhard Griesel het 'n lys
wat hy instandhou wat jou definitief sal help met die takie. Besoek gerus die skakel vir 'n versameling
van Afrikaanse soekenjins. Jy kan ook van daar sy skoon Afrikaanse grappies bereik, voorwaar 'n bondel
skoon genot op die internet!
-
NetBeans IDE
Die NetBeans IDE is my gunsteling omgewing om Java kode in te skryf. Besoek gerus hulle tuisblad
om meer te leer van die uitstekende program.
-
Freshmeat.net
Ja, die naam klink so effens snaaks, maar dis 'n wonderlike hulpbron vir Java bronkode. Soek deur
hulle reuse biblioteek vir bykans enige tipe Java program en jy sal ten minste een of twee voorbeelde
kry van iemand anders wat alreeds iets probeer het. Dis 'n wonderlike plek om idees vir projekte of take
te kry en om meer van Java te leer.
-
Mieliestronk
Opsoek na 'n pittige stukkie inligting vir 'n skooltaak ? Gaan loer gerus in by die Mieliestronk,
dis 'n mengelmoes van tonne inligting gemik op skoliere en studente. Die beste van alles is natuurlik
dat dit in AFRIKAANS is. Soveel makliker!
-
Cape Career Training College
CCTC (Cape Career Training College) bied gereeld ekstra klasse aan om graad 10,11 en 12 studente te help
met hulle Java. Die ekstra klasse is gemik op skooltake, huiswerk en projekte en bied vinnige, praktiese
ondersteuning aan leerders. CCTC het altyd klein klasse waar elke kind die maksimum aandag kry om te
verseker dat probleme vinnig en akkuraat aangespreek word.
|
|
|