JavaK | Jou gratis hulpbron vir Java Kennis! | ENGLISH | |||
Tuisblad Kontak Artikels Projekte Vrae en Antwoorde Skakels | |||||
Welkom by JavaK!Hier is tonne voorbeelde, artikels en ander hulpbronne vir Afrikaans sprekende studente, skoliere en ander Java aanhangers. Maak gebruik van ons gratis hulp vir jou skooltaak, projek of sommer net vir die pret. Gaan deur ons artikels om meer te leer van Java of om ekstra inspirasie vir ietsie spesiaals te kry. Indien jy nie iets hier kry nie kan jy gerus vir ons 'n epos aanstuur sodat ons op hoogte kan bly van waarna ons besoekers op soek is.JavaK het 'n nuwe ontwerp en ons inhoud is ook besig om vinnig uit te brei. Dankie vir die voorstelle wat ons ontvang het vir idees oor hoe om die webwerf uit te brei en watter projekte en artikels om by te voeg. Soos in die verlede sal ons allerlei artikels, dokumente asook bronkode beskikbaar stel om af te laai. Verskeie nuwe projekte is in die pyplyn en sal deur die jaar op die webwerf beskikbaar gestel word. Nog 'n nuttige toevoeging tot die webwerf is die Algemene Vrae gedeelte wat blitsige antwoorde op kort vrae beskikbaar stel. Hoe om inligting vir take en projekte op die internet te soek:Ons kry soveel versoeke oor HOE om inligting op die internet te soek vir 'n skooltaak, projek of sommer net vir algemene kennis, dat ons 'n nuwe SOEK artikel geskryf het juis om mense te help daarmee. Besoek gerus ons Hoe om te Soek? artikel vir hulp oor soek enjins wat jy kan inspan om inligting in te win op die internet vir jou skooltaak of projek.Omtrent OnsJavaK bied gratis hulp met skooltake, projekte en ander Java studies. Dis dalk nie 'n unieke konsep nie, maar ek is seker daarvan dat daar maar bitter min webwerwe is wat hulle toespits om dit in Afrikaans te doen. Een van ons doelstellings is om soveel moontlik inligting beskikbaar te stel aan Java studente in 'n taal waarmee hulle gemaklik is. Onthou asseblief dat dit nie 'n taalkundige webwerf is nie en dat ons hier en daar 'n Engelse woord of twee mag drop om dinge makliker verstaanbaar te maak.Alle bronkode word getoets om te werk met Java 1.6 (tensy anders vermeld). Ons probeer om so naby moontlik te bly aan wat tans in skole gebruik word. Vir diegene wat effe meer avontuurlik is sal daar ook hier en daar afgewyk word van Java 1.6 versoenbaarheid en gekyk word na Java uitbreidings soos JavaFX. JavaK word bedryf en geborg deur NoFuss Solutions, met Ewald Horn as die webmeester. Ewald het in 1996 met Java begin werk en het al by verskeie instansies as lektor, onderwyser en opleidings-konsultant dienste gelewer. Verdere insette word verkry vanaf onderwysers, studente en skoliere wat artikels en bronkode vir ons stuur. Die meeste idees kom egter vanaf praktiese ervaringe met Java, veral in verband met skooltake en dies meer. JavaK bied ook ekstra klasse aan vir skoliere en studente op 'n gereelde basis. Kontak ons gerus vir meer inligting rakende hierdie ekstra diens. Kontak OnsKontak besonderhede vir JavaK:Epos adres : Ons epos adres is verberg in 'n prentjie in 'n poging om van van die gemorspos ontslae te raak wat ons so teister. Indien jy op hoogte gehou wil word van opdaterings kan jy 'n epos aanstuur vir ons sodat ons jou op die kennisgewingslys kan plaas. Ons stuur so dan en wan (nie meer as twee keer per maand nie) 'n kort epos uit om besoekers in kennis te stel van die opdaterings. Belangstellendes kan ook op ons blog gaan loer by Java For Kids waar die nuus oor opdaterings bygehou word. |
|||||